Featured Product


6 Tips To Get Rid Of Carb-Cravings

Dit is nie altyd maklik om maagvet te verloor nie maar dit is beslis die moeite werd.

Om gewig te verloor is meer as net te probeer goed lyk in n bikini. Maagvet kan lewens-gevaarlik wees.

Daar is tot onlangs nog geglo dat vet relatief passief is. Dit is gesien as niks meer as gestoorde energie nie. Maar onlangse navorsing dui egter daarop dat vetselle biologies aktief is.

Hulle stel verskillende hormone en chemikalie vry wat byna elke orgaan in die liggaam benvloed.

Onder normale omstandighede is hierdie hormone en chemikalie daar om te help om jou gesond te hou. As jy egter oorgewig is, is daar baie meer vetselle wat veel groter is.

Dit beteken hulle stel baie meer van hierdie hormone en chemikalie af, en te veel daarvan kan skadelik vir die liggaam en sy funksies wees. Dit kan lei tot n groter risiko vir gesondheidskwessies soos diabetes, hartsiekte en selfs kanker.

Hoe veroorsaak maagvet siektes?

Navorsers probeer nog uitvind presies hoe skadelik maagvet vir die liggaam is, maar hulle het gevind dat sommige van die proteene wat vrygestel word verskillende uitwerkings op die liggaam het.

Hulle het gevind dat een proteen (Retinol-verbindende proteen 4) die risiko om insulien weerstand te ontwikkel, baie kan verhoog. n Ander proteen kan die bloedvate vernou, en dit lei tot ho bloeddruk.

Vroue met n oormaat maagvet het n baie groter kans om borskanker te ontwikkel, omdat die vetselle ook estrogeen vervaardig. Wanneer die liggaam te veel estrogeen het, kan dit lei tot gewasse in die bors.

Is maagvet meer gevaarlik as ander vet?

In kort: ja, dit is.

Die grootste rede hiervoor is waarskynlik omdat dit tot lewersiekte kan lei. Hoewel vet in ander dele van die liggaam alles behalwe skadeloos is, plaas dit jou nie in so n gevaar nie.

Maagvet is baie meer as wat ons op die oog af sien. Dit omring al die organe in die buik. In die geval van die lewer, dreineer die bloed wat deur hierdie vet vloei direk in die lewer deur die portale aar.

Dit beteken dat die gevaarlike stof wat deur die maagvet vervaardig word, direk na die lewer gaan. Dit kan die risiko van vetterige lewersiekte en hepatitis B verhoog.

Hoe weet ek dat ek te veel maagvet het?

Almal het n unieke bouvorm. Vir n normale grootte persoon sal die volgende n aanduiding van te veel maagvet wees:

Mans: n middellyf omtrek van 102cm of groter.

Vroue: n middellyf omtrek van 88cm of groter.

Hoe raak ek ontsale van maagvet?

Eet gesond. Bly aktief. Neem die regte aanvullings. Kry genoeg rus. Met die regte kombinasie kan jy verby maagvet werk en jou kanse om ernstige gesondheidskwessies te ontwikkel, verminder.

Diet:

Die eerste ding wat jy moet doen is om jou daaglikse kalorie inname te verlaag. Ons kan dit doen deur ons porsiegrootte effens te verminder, en dan kan ons ongesonde kosse met gesonder kosse (wat laer in kalorie is) vervang. Volg n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry.

Oefening:

n Diet gaan nie baie effektief sonder oefening wees nie. Daar word aanbeveel dat jy vir ten minste 30 minute per dag, 5 dae per week moet oefen.

Oefening hoef nie vervelig of uitdagend te wees nie. Jy kan n ent in die veld gaan stap of n power walk langs die strand onderneem en op so n manier jou oefening inkry. Die belangrike ding is om dit vir jouself opwindend te maak.

Slaap:

Die uitwerking van n goeie nagrus word heeltemal onderskat. Selfs een nag van slegte slaap kan jou gewigsverliespogings benadeel.

Manna Blood Sugar Support:

Een van die grootste dinge wat mense miskyk is om bloedsuiker vlakke stabiel te hou. Wanneer bloedsuiker vlakke nie onder beheer is nie, is dit bitter moeilik om gewig te verloor.

Dit is waar die Manna Blood Sugar Support inkom en jou help

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef n klomp insulien vry te laat nie.

Nog n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Neem dan n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer en gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:


Ek gebruik nou die produk so vir amper 2 weke. Voel baie goed, en het nie meer daai cravings nie. Onbekend

Ek is baie gelukkig met die produk en indien ek wel vergeet om dit te neem laat my liggaam my gou besef iets kort nou. Help baie met my water retensie. Joey

Ek kan regtig voel dat die pille my help, ek het nie daardie gevoel dat ek gedurig wil eet nie. Ek kan al klaar sien dat ek begin gewig verloor. Baie dankie. Onbekend

Ek gebruik die pille nou vir 2 weke en ek het regtig nie meer cravings nie. Voel baie goed! Juarita

Koop Nou Groen Large

On:
person Posted By: Manna Team list In: Gewigverlies

Related Articles

On:

7 Wenke Om Gewigstoename Weg te Hou

list In: Gewigverlies
Hoekom kom die gewig wat ons verloor altyd weer terug na n dieet? Daar is talle kits dite daar buite wat help om vinnig n paar kilogram af te skud. Maar die...

Read more

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday Jan Feb Mar Apr May Jun Jul Aug Sept Oct Nov Dec

Comments

No comment at this time!

Leave your comment

Sunday Monday Tuesday Wednesday Thursday Friday Saturday January February March April May June July August September October November December